Houtperd (astrologie)

甲午

Die Houtperd (甲午, jiǎwǔ) is die 31ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die eerste Hemelstam (甲, jiǎ; die element Hout en Jang) met die sewende Aardtak (午, ), gesimboliseer deur die Perd (馬, ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Houtperdjaar het in 2014 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 31 Januarie 2014 tot 18 Februarie 2015.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search